Tuis

Tuis

WELKOM

Noodkreet Loodgieters is ‘n loodgietersfirma wat vir die afgelope 10 jaar lank kliënte voorsien met raad en daad oor enige loodgietersprobleem. Met ‘n 24 uur nooddiens 7 dae van die week, staan Johan Botha reg om enige krisis, groot of klein, te hanteer. Vir professionele, flinke, betroubare en bekostigbare diens is Noodkreet Loodgieters jou eenstop loodgietersdiens vir enige onderhoudsprobleme of nuwe ontwikkelinge (konstruksie).


WIE IS NOODKREET LOODGIETERS

Die eienaar van Noodkreet Loodgieters is Johan Botha. Hy het in 2007 in Irak as ’n loodgieter gewerk vir die Amerikaanse weermag. Na ’n jaar in die vreemde het hy besluit om sy dienste eerder in Suid-Afrika beskikbaar te stel en het sy eie onderneming begin met een doel voor oë: om ’n diens te lewer vir mense wat in die nood is weens loodgieterprobleme. Geen loodgieterswerk is te groot of te klein nie; dit sluit algemene loodgieterherstelwerk, nuwe installasies en geiser vervangings in. Johan werk self saam met sy span. Kwaliteit werk teen ’n billike prys word gewaarborg. Noodkreet Loodgieters het ’n 24 uur diens en werk in die hele Pretoria en omliggende gebiede.


ONS VISIE EN MISSIE

Ons werk is ons trots. Ons streef daarna om aan elke klient uitstekende unieke werk te lewer. Loodgieterswerk is vir ons meer as ‘n beroep. Dis ‘n passie, dis ‘n manier van lewe!


Lekkasies Herstelwerk
Songeisers Geisers
Toilette Baddens
Storte Wasbakke