Gelukkige Kliente

Gelukkige Kliente

Ons het Noodkreet Loodgieters se advertensie in die Bronnie gesien. Johan het behoorlik ons noodkreet gehoor en beantwoord met die beste diens wat ons in jare al ervaar het. Johan het uit sy pad gegaan om allerhande loodgieterprobleme in ons huis op te los, effektief en vriendelik. Ons kan hom met lof aanbeveel by enigiemand wat ’n betroubare loodgieter soek.

Esperance Grobler - Wapadrant

I found the very best plumber in your fab mag, namely Johan from Noodkreet Loodgieters.

Barbara Corrine Bennett - Bashewa

Ek moet vandag ‘n pluimpie gee vir Johan Botha van Noodkreet Loodgieters. Na ons warm water stelsel gebars het, het hy dieselfde aand uit gekom om die skade te beperk en vandag het hy vir ons ‘n lieflike son gedrewe warm water stelsel ingesit. Wat ‘n plesier om met so kundige vakman besigheid te doen. En die lekkerste van alles is dat ek nou “gratis” warm water het wat die son warm gemaak het.

Ben Geldenhuys - Kleinfontein

Ek stem! Lekker om te sien dat daar nog mense is met sulke goeie vakmanskap!

Tobie Erasmus - Kleinfontein

“’n Mens wat met sy hande werk, is ’n arbeider, ’n mens wat met sy hande en brein werk, is ’n vakman . . .” – Louis Nizer (vry vertaal).

Ons huis in Zwavelpoort is oorspronklik in 1972 gebou. Ons het hom in 1992 gekoop en betrek. Dit is dus te verstane dat die huis teen 2018 redelike onderhoudswerk sal benodig.

Vir loodgieterswerk het ek julle adverteerder, Johan Botha van Noodkreet Loodgieters genader – en ek kan hom met vrymoedigheid aanbeveel.

Johan is nie net ’n vakman soos hierbo beskryf nie, maar duidelik ook lief vir wat hy doen. Geen probleem is vir hom te groot nie, en elke ding word eers oordink, bespreek, en verskillende moontlikhede word uitgewys. Daarna word die taak met groot sorg deurgevoer. Waarlik ’n verfrissende ervaring.

Die Bronberger 23 Oktober 2018 Melanie Botha